Visvang by Rivier-Oord

Daar is verskeidenheid spesies vis wat in die Mogol rivier teenwoordig is. Groot karps kom voor in die gedeelte waar Rivier-Oord geleŽ is asook swart baars en natuurlik skerptand baber.

'n Klomp hengelaars het al reeds van tevore hulle vistokke hier sien verdwyn met die groot vis wat teenwoordig is en sal dit jou vernuf toets om die grootes aan te keer.

Met die chalets teen die rivier oewer kan jy onspan in die skadu en groot bome terwyl jy wag vir die grootes om te byt of jou vernuf toets met die kunsaas.