Onthaal by Rivier-Oord

n Pragtige ruim grasdak onthaalsaal met houtdek wat oor die rivier hang akkommodeer 150 gaste, alle geleenthede soos partytjies, troues, vergaderings en konferensies is moontlik.

Die kontantkroeg en kombuis is ten volle toegerus en kan gehuur word sou u verkies om nie van spyseniering gebruik te maak nie. Winterfunksies is ook moontlik met afrolseile en n warm kaggel vir n vuurtjie binne die lapa.